Moravian Bands

Logo

Affiliated bands

Arcadia Moravian Brass Band

Arcadia Basuinkoor het ongeveer in 1951 begin. Die koor het hoofsaaklik uit blasers vanaf Willowdene en Fairview bestaan. Br Danny Kivedo het destyds ‘n prominente rol in die organisering van die basuinkoor se aktiwiteite gespeel.

In die laat neentiger jare het ons basuinkoor meer aktief in die omliggende gemeenskappe opgetree. Verskeie versoeke vanaf ander denominasies was toegestaan. Ons het ook op verskeie geleenthede by aftergeblewe gemeenskappe opgetree.

Een van die hoogtepunte van ons optredes was by die eerste verjaarsdag van die Khoisan Village in die Tsitsikamma. Hierdie gesogte geleentheid was ook bygewoon deur die voormalige Adjunk Minister van Finansies, Gill Marcus.

Verdere hoogtepunte was ons musiekdag saam met Shiloh gemeente in die Maluti Distrik. Hierdie samwerkings ooreenkomste het ons lede meer gemotiveer om basuinmusiek na die agtergeblewe gemeentes te neem. Konserte was ook by gemeentes in Distrik 5 (Tsitsikamma) gehou.

Ons wil ons opregte dank uitspreek teenoor alle voormalige leiers o.n. Br Houlie, Br Martin Baatjies, Br Simon Afrika, Br Brian Arends, Br Leon Afrika, vir hul bydraes wat hulle gelewer het. Verder wil ons ook ons waardering uitspreek teenoor Br Ricardo Marais, ons huidige leier, vir die wonderbaarlike wyse waarop hy die gehalte van ons spel oor die afgelope jare verbeter het.